LIZE BEEKMAN: Singer - Songwriter
HOME BIOGRAPHY MUSIC AWARDS GALLERY VIDEOS INFORMATION FANCLUB MYSPACE


Eyes Of A Child - no longer available

Eyes Of A Child | 1997

Cake

Cake | 2000

All The Same

All The Same | 2004
ft. Vusi Mahlasela

Iemand Het Gesê

Iemand Het Gesê | 2003

Draadkar Oor Die See

Draadkar Oor Die See | 2005

Lullabies

Lullabies | 2007

Sit 'n Bietjie Langs My

Sit 'n Bietjie Langs My | 2008

DRAADKAR OOR DIE SEE
Released in 2005

Draadkar Oor Die See
Track Listing

No. Title Listen
1. Draadkar Oor Die See
2. As Ek Jou Verlang
3. Hierdie Dag
4. 'n Bietjie Nader
5. 2 Keer
6. Die Aandag Van Jou Oë
7. Intimiteit
8. My Suikerbos
9. Te Lank Al
10. So Waai Die Wind
11. Onder Soms Bo
12. Soveel-So Lullaby
13. Anna (live with Gloria Bosman)
Buy this album from:
You can also order directly from SMD (distributor):
(t) 011 792 0145
(f) 011 792 0282
orders@select.co.za













Information
DRAADKAR OOR DIE SEE is Lize Beekman se vierde CD. Twaalf nuwe snitte (plus 'n lewendige opname as bonussnit) en Lize se eiesoortige stem en styl, maak van hierdie CD 'n trotse toevoeging tot die Afrikaanse musiekbedryf!

Al die musiek op DRAADKAR OOR DIE SEE is deur Lize self geskryf en,soos in die geval van haar vorige CD "Iemand het Gesê",is al die snitte (buiten die bonussnit) in Afrikaans. Die musikante op die CD word ook allerweë beskou as ons land se voorstes: Juan Oosthuizen op kitare, Denny Lalouette op baskitaar, Vinnie Henrico op dromme en perkussie, en Marius Brouwer op klawerbord.

DRAADKAR OOR DIE SEE bied 'n mengsel van ligte rock (soos die titelsnit DRAADKAR OOR DIE SEE,TWEE KEER , ONDER SOMS BO en TE LANK AL), folk(SO WAAI DIE WIND KOOS & HIERDIE DAG),toonsettings van ons voorste digters se werke(AANDAG VAN JOU Oë deur Petra Müller & INTIMITEIT deur Antjie Krog) en ballades. Die bonussnit, ANNA, is 'n lewendige opname saam met Gloria Bosman.

DRAADKAR OOR DIE SEE handel tematies oor die afstand tussen mense,die reise wat hulle aflê om bymekaar uit te kom , en die reis wat elkeen ook aanpak om hulself te vind.Met behulp van dieselfde span wat ook saamgewerk het op IEMAND HET GESê (Juan Oosthuizen as vervaardiger en Marius Brouwer as klankingenieur), word hierdie temas vervleg met hoogs-luisterbare musikale verwerkings,treffende lirieke en uitstekende klankgehalte.Die eindproduk is 'n CD waarmee jy kan saamsing, waarop jy selfs kan dans, maar wat jou ook iets meer gee om oor na te dink.

LIZE BEEKMAN vestig haarself die afgelope agt jaar as een van Suid-Afrika se kwaliteit kunstenaars.Met treffers soos 'n SONNEBLOM UIT BETLEHEM, die SOUTMANSLAND TEMALIED en die immergewilde DANKBAAR VIR AEROPLANES en AMI, bewys sy haarself as liedjieskrywer en sanger van die hoogste gehalte.Op DRAADKAR OOR DIE SEE is daar verskeie snitte wat beloof om die hoogtepunte van vorige vrystellings te ewenaar en selfs te oortref.
© 2007-10 lize beekman. all rights reserved                                                                                     web: brian currin | MP3 Player by freshcode